Biografie

Johan is 'n oopkop, Afrikaanssprekende man wat die mooi dinge in die lewe waardeer en het 'n passie om 'n genesende verskil in gewone mense se lewens te maak. Sy lewensleuse is: "Leef Bewustelik!" en hy vind dit hartseer dat soveel mense doodgaan voordat hulle werklik die lewe gelèèf het!

Na die voltooiing van sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Pretoria in 2001 en 17 jaar in die bediening, ontdek hy die kosbaarheid en diepte van "stilwees". Tans begelei hy talle mense in 'n kontemplatiewe spiritualiteit. Hy bekwaam hom as Spirituele Begeleier en tydens sy opleiding kruis sy pad met Perspektief Kollege in Potchefstroom. Hier ontdek hy die wonder van Multi-Level Neuro-Processing (MLNPTM) en die moontlikhede wat dit inhou. Hy spesialiseer in Trauma- en Angsberading en is by die Raad vir Pastorale en Spirituele Beraders (CPSC) geregistreer.

Hy is die afgelope 21 jaar met Liesl getroud en hulle het drie kinders. Liesl is 'n voltydse leraar van die NG Kerk. Sy fokus haar doktorsgraad op die "Emosionele Verwonding van die Laerskoolkind". Hulle eie kinders is onderskeidelik 16, 14 en 9 jaar oud.


Hy sê:    
 "Tans vind ek daagliks my vreugde daarin om doodgewone mense te help om van hulle stres en angs te ontlaai sodat hulle lewenskwaliteit kan verhoog."

Johan is by die ACRP geaffilieer en as 'n
Gespesialiseerde Berader by die CPSC geregistreer.
(Reg. 2019P00570)

Kontakbesonderhede

Fisiese Adres

23 KENT CIRCLE

Petersfield

Springs

1559

South Africa

Vonkpos
Whatsapp - gedurende konsultasietye

Volg die skakels om my registrasies te verifieer 

Klik hier om my CPSC registrasie en ander Fasiliteerders te sien

Klik hier om my registrasie as Spirituele Begeleier te verifieer